
Hoekom video nie die probleem is nie — en wat wel is
Baie besigheidseienaars weet hulle behoort video te maak.
Hulle sien dit oral:
– Reels
– Kort video’s
– “Jy móét op kamera wees”
Maar wanneer dit tyd kom om self voor die kamera te staan, gebeur iets anders.
Hulle stel dit uit.
Hulle voel swaar.
Party raak sommer geïrriteerd.
Nie omdat hulle nie idees het nie.
En beslis nie omdat hulle niks waardevols het om te sê nie.
Maar omdat video te vinnig voel.
Een van die grootste wanpersepsies oor video is dat mense dink:
“Ek is net nie goed voor die kamera nie.”
Wat ek oor en oor sien, is iets anders.
Wanneer video:
te groot voel
te permanent voel
te bloot voel
gaan die brein in beskermingsmodus.
Mense verstar.
Dis nie luiheid nie.
Dis nie weerstand teen groei nie.
Dis ’n natuurlike reaksie wanneer iets emosioneel onveilig voel.
Baie advies oor video klink soos volg:
“Druk record en gaan.”
Vir sommige mense werk dit.
Vir baie ander doen dit die teenoorgestelde.
Dit laat hulle voel:
– oorweldig
– blootgestel
– bang om verkeerd verstaan te word
En dan gebeur dit wat ons almal ken:
hoe langer jy uitstel, hoe groter raak die ding in jou kop.
Deur die jare het ek iets belangriks geleer:
👉 Die probleem is nie video nie.
👉 Die probleem is tempo.
Wanneer mense kleiner begin, verander alles.
Nie groot produksies nie.
Nie lang opnames nie.
Nie “jy moet nou sigbaar wees” druk nie.
Net klein, hanteerbare oomblikke.
Dit is hoekom ek met VONKE werk.

’n VONK is:
kort
menslik
laag-risiko
Dit vra nie:
“Is jy reg vir die wêreld?”
Dit vra net:
“Kan jy hierdie een klein gedagte deel?”
En dit maak ’n enorme verskil.
Wanneer mense kleiner begin:
raak hulle meer konsekwent
voel video minder intimiderend
begin vertroue natuurlik groei
Nie net by hul gehoor nie — maar by hulleself.
Volgende stap (as jy wil)
As jy voel jy’s gereed om klein met video te begin,
kan jy my ONTvlug & UITkoms raamwerk gebruik —
dieselfde een waaruit my 90 Dae Vonk Sprint gegroei het.
Reageer net “VONK”,
en ek stuur dit vir jou.
(Dis nie vir almal nie. Maar dalk is dit vir jou.)

Nie almal is op dieselfde punt nie.
En nie almal hoef dieselfde tipe inhoud te maak nie.
Dis hoekom ek met drie mediums werk:
Kort video’s (VONKE)
→ Om nuwe mense sagkens nader te trek
Langeraat & Duimpies Posts
→ Om vertroue te verdiep by mense wat jou reeds ken
Langer video’s (WOEMA)
→ Om te wys hoe jy dink en werk
Dit gaan nie oor “meer doen” nie.
Dit gaan oor reg doen vir waar jy nou is.
As video vir jou swaar voel
As jy al lank weet jy wil meer wys,
maar iets in jou trek terug elke keer as jy voor die kamera moet staan,
is dit dalk nie ’n teken dat jy nie gereed is nie.
Dit kan net beteken:
Jy het nog nie die regte tempo gekry nie.
Klein is nie swak nie.
Klein is veilig.
En klein is volhoubaar.

Helena Zwarts
Facebook Bemarking Mentor/Neuro Coach
Moeg vir posts sonder resultate? Ek wys jou hoe om Facebook & groepe te laat werk vir jou besigheid

Jy bemark al op Facebook. Jy kry reaksie — maar nie verkope nie. Slim Bemarking help Afrikaanse entrepreneurs om te verstaan waar die draad gebreek het, en hoe om dit reg te stel.
Nuusbrief
Teken nou in vir jou Weeklikse Nuusbrief propvol Facebook Advies
Created with ©systeme.io