
Wie is Slim Bemarking?
Slim Bemarking: Jou go-to bron vir praktiese digitale bemarking in Afrikaans. Kry beproefde strategieë en eerlike raad wat werk vir klein besighede
Ek dra nogal 'n paar hoede. Vrou van Johan, ma van twee, ouma van vyf — en ondertussen ook 'n agterkleinkind wat my op my tone hou.
Maar voor enigiets anders: 'n kind van Jesus met 'n passie om ander te help dink duideliker oor hulle eie besighede.
My liefde vir tegnologie begin al in 1997 toe Johan en ek ons houtwerkbesigheid aan die Weskus begin het.
Toe Facebook in 2009 my pad gekruis het, het ek geweet dit gaan alles verander. Van toe af het ek gehelp — van plaaslike boere tot Amerikaanse liefdadigheidsorganisasies — om hulle boodskap aanlyn te kry.
In 2022 het ek my Neuro Coach kwalifikasie behaal, omdat ek lankal besef het: besigheidsgroei begin eintlik by hoe jy dink.
En in 2023 het my mentor 'n vraag gevra wat als verander het: "Hoekom deel jy nie hierdie kennis in ons moedertaal nie?" Slim Bemarking is gebore.
Hoekom Slim Bemarking?
Slim Bemarking is nie vir iemand wat nog nooit gepost het nie. Dit is vir die Afrikaanse entrepreneurs wat reeds bemark — wat reaksie kry, likes ontvang, gesprekke het — maar wie se besigheid nog nie groei soos jy weet dit kan nie.
Ek help jou om te sien waar die draad gebreek het. Nie met meer taktieke nie — maar met meer duidelikheid oor wie jy wil bereik, wat jy sê, en hoekom dit (nog) nie in jou verkope weerspieël nie.
Hoe ek werk
Ek glo aan eenvoud as 'n strategiese keuse, nie as 'n kortpad nie. My stelsel is doelbewus skaalbaar gebou vir die werklike lewe van 'n klein besigheid — nie gekopieer uit 'n groot Amerikaanse program wat aangeneem word dit pas hier ook nie.
Alles wat ek deel, is iets wat ek self toepas, getoets het, of eerlik aan jou sal verduidelik as dit nie vir almal werk nie.
My kompas
Jesus wys die pad. Dit beteken elke interaksie is gebou op vertroue en eerlikheid — ook die oomblikke waar die eerlike antwoord is: "Ek weet nie."
As jy 'n bemarkingsvennoot soek wat die mens agter die besigheid sien — welkom.
"Bemarking hoef nie duur of ingewikkeld te wees nie - dit moet net eg wees. Want wanneer jy eg is, is jy onvergeetlik.."
~ Helena Zwarts
Skrywer

Helena Zwarts

Jy bemark al op Facebook. Jy kry reaksie — maar nie verkope nie. Slim Bemarking help Afrikaanse entrepreneurs om te verstaan waar die draad gebreek het, en hoe om dit reg te stel.
Nuusbrief
Teken nou in vir jou Weeklikse Nuusbrief propvol Facebook Advies
Created with ©systeme.io