Hou op wag vir perfek — gebruik wat jy het

🧠 As jy wag vir perfek, hou jy jou brein vas

Hoeveel keer het jy al gewonder of jy “reg” doen?
Jy wil begin post, jou blad aktief hou, jou besigheid laat groei…
maar daar’s altyd iets wat jou terughou:
Ek het nie tyd nie.
Ek weet nie of ek dit reg doen nie.”
Ek sal begin as my branding klaar is.”

En dan gaan nog ’n week verby.

Maar hier’s die waarheid: dit is nie ’n tyd-probleem nie — dit is ’n brein-probleem.

Jou brein kies veiligheid bo groei

Wanneer jy uitstel of twyfel, is dit nie omdat jy nie wil nie.
Dis omdat jou agterbrein (jou oorlewingsbrein) in beheer is.

Die agterbrein verstaan net NOU — en sy werk is om jou veilig te hou.
Alles wat nuut of onbekend voel, registreer as ’n moontlike bedreiging.
Selfs iets eenvoudig soos om ’n video te maak of ’n post te skryf.

So elke keer as jy dink:

Ek gaan wag totdat ek weet wat ek doen,”
stuur jou brein eintlik die boodskap:
“Ek wil eers seker wees ek sal nie faal nie
.”

Die gevolg? Jy bly in oorlewing — en daar is geen groei in oorlewing nie.

💬 Die senuweestelsel se rol: Jy kan nie skryf uit stres nie

Uit neuro-coaching weet ons dat jou streshouer bepaal hoe jy funksioneer.
Wanneer jy moeg, gespanne of oorweldig is, beweeg jy uit optimale funksionering
na fisiologiese stres (veg/vlug) of selfs traumatiese stres (bevriesing).

En in daardie toestand dink jy nie kreatief nie — jy oorleef.

Jy wonder hoekom jy nie weet wat om te sê nie?
Dis nie omdat jy nie geïnspireerd is nie — dis omdat jou brein besig is om te oorleef.
Die oomblik wanneer jy kalmeer, asemhaal en net een klein aksie neem,
aktiveer jy jou voorbrein — en dis waar helderheid begin vloei.

🌬️ Bewuswording is die eerste stap

Edgar Phillips skryf in The Art of Awareness dat:

“Hoe meer ons dink, hoe minder is ons bewus van wat regtig gebeur.”

Met ander woorde, jy kan nie jou pad na helderheid toe dink nie —
jy moet waarneem.

Wanneer jy bewus raak van wat jy voel, doen en dink — sonder oordeel —
begin jou brein nuwe patrone vorm.


Dis hoekom bewuswording “genesend” is — dit bring lig op areas
waar jy voorheen net in die donker probeer rondtas het.

🧩 Wat jy eintlik doen wanneer jy wag

Wanneer jy wag vir die regte tyd:

  • aktiveer jy jou agterbrein (instink)

  • verloor jy toegang tot jou voorbrein (kreatiwiteit)

  • en jy versterk die storie: “Ek weet nie genoeg nie.”

Die ironie? Jy weet eintlik genoeg.
Jy kort net beweging — want beweging skep bewys.


Sodra jy iets doen, maak jou brein nuwe verbindings:
vertroue + helderheid + energie.

Die mense wat jy sien “momentum kry”, het nie meer tyd nie —
hulle het eenvoudig opgehou wag.

🚀 Wat jy vandag kan doen

Helena Zwarts Binnekring

🚀 Hoe jy hierdie week momentum bou

1️⃣ Kies net een probleem van jou teikengehoor.
2️⃣ Koppel ’n emosie daaraan (frustrasie, onsekerheid, skuldgevoel).
3️⃣ Skryf ’n kort storie daaroor — net 3 sinne.
4️⃣ Sluit af met ’n eenvoudige uitnodiging om te gesels.

Dis nie perfek nie — dis menslik.
En dis wat mense laat stop scroll.

As jy gereed is om hierdie 3-stap stelsel te toets, begin eenvoudig:

👉 Tik MINIGIDS hieronder of stuur vir my ’n boodskap op Facebook.


Ek stuur vir jou my 1-blad Scroll Stopper Gids:

  • Hoe om ’n probleem aan ’n emosie te koppel

  • Watter tipe post pas by daardie kombinasie

  • En hoe om ’n gesprek-CTA te skryf wat mense laat reageer

Begin dink soos jou kliënt — nie net wat om te sê nie.
Dis hoe jy jou inhoud laat ophou om te verdwyn… en begin om mense nader te trek.

Helena Zwarts

Facebook Bemarking Mentor/Neuro Coach

Moeg vir posts sonder resultate? Ek wys jou hoe om Facebook & groepe te laat werk vir jou besigheid

Jy bemark al op Facebook. Jy kry reaksie — maar nie verkope nie. Slim Bemarking help Afrikaanse entrepreneurs om te verstaan waar die draad gebreek het, en hoe om dit reg te stel.

Nuusbrief

Teken nou in vir jou Weeklikse Nuusbrief propvol Facebook Advies

Created with ©systeme.io