Ek weet nie wat om te sê nie – en dis nie jou skuld nie

As jy al ooit voor ’n leë Facebook-post gesit het, die "cursor" wat jou sarkasties aankyk… jy’s nie alleen nie.


Die meeste mense dink hulle kort net inspirasie of tyd. Maar die waarheid?


Dis nie omdat jy niks het om te sê nie — dis omdat jy nie weet hoe om dit te sê sodat iemand stop en luister nie.

En dis nie jou skuld nie.


Jy het nooit geleer hoe om te dink soos jou kliënt nie — net hoe om oor jou produk te praat.


Kom ons verander dit vandag.

1️⃣ Wat die meeste entrepreneurs doen (en hoekom dit nie werk nie)

Kom ons wees eerlik:
Baie mense plaas net ’n flyer, pryslys of produkfoto met ’n sinnetjie soos “Hier’s my nuwe ding – koop dit!”

Dis vinnig. Dis maklik. En dis presies hoekom dit niks doen nie.

Mense is nie op Facebook om te koop nie — hulle’s daar om iets te voel.

Hulle wil lag, herkenning ervaar, of voel jy verstaan hulle lewe.

Wanneer jy net inligting deel, raak jy onsigbaar.

Die algoritme sien geen gesprek nie. Jou gehoor voel geen konneksie nie.


En jy voel stukkie vir stukkie meer onseker: “Miskien is ek net nie goed hiermee nie...”

Maar jy is nie verkeerd nie — jy gebruik net die verkeerde vertrekpunt.

2️⃣ Hoekom jy nie verkeerd is nie – jy’t net nie ’n struktuur nie

Elke koopbesluit begin by ’n probleem en ’n emosie.
Nie by ’n afslag of prys nie.

Wanneer jy leer om te dink soos jou kliënt, sien jy dinge wat jy voorheen mis het:

  • Jy hoor wat hulle werklik frustreer (nie net wat hulle sê nie)

  • Jy besef watter gevoel hulle dryf (skaamte, vrees, oorweldiging, verlange)

  • En jy begin praat hulle taal, sonder dat jy probeer verkoop

Dis presies waar my Scroll Stopper Struktuur™ inkom.
Nie templates nie. Nie foefies en truuks nie.
Net ’n eenvoudige manier om te skryf wat mense laat voel en reageer.

Struktuur gee VRYHEID, nie beperking nie.

Die meeste dink kreatiwiteit beteken om “vry te vloei.”
Maar in bemarking is struktuur jou anker.
Wanneer jy ’n raamwerk soos die Scroll Stopper Struktuur™ gebruik, raak jy nie minder uniek nie — jy raak duideliker.

3️⃣ Hoe om jou volgende post te laat stop (in 3 eenvoudige stappe)

Gebruik hierdie mini-stelsel vandag nog — dis makliker as jy dink:

🔹 Stap 1: Kies EEN probleem en koppel dit aan ’n emosie.
Laat die persoon wat dit lees onmiddellik dink: “Dis ek daai.”

🔹 Stap 2: Vertel ’n kort storie.
Begin met die emosie, wys die frustrasie, en gee net ’n glimpsie van die oplossing.

Voorbeeld:

“Ek het pen-ink op my gunsteling rok laat kom. Ek’t daar gestaan en gehuil. Toe onthou ek van XYZ… en vandag is inkvlekke vir my net nog iets wat ek maklik kan oorwin.”

Dis nie ’n produklys nie — dis ’n ervaring wat aanklank vind.

🔹 Stap 3: Sluit af met ’n gesprek-CTA.
Moenie sê “koop nou” nie.
Vra eerder: “Met watter vlek spook jy die meeste?” of “Wat was jou snaakste vlekke flater?”

Dis hoe jy gesprekke begin — en gesprekke bou vertroue.

💡 Wat gebeur wanneer jy dit reg doen

Skielik begin jy sien:

  • Meer reaksies en kommentaar

  • Mense wat jou stories onthou

  • En ’n groeiende gevoel van selfvertroue in jou eie stem

Jy’s nie meer besig om “posts te maak” nie — jy’s besig om verhoudings te bou.
En dis die geheime bestanddeel van organiese sigbaarheid: konneksie + konsekwentheid.

🚀 Wat jy vandag kan doen

Helena Zwarts Binnekring

🎯 Wanneer jy ophou praat oor jou produk en begin praat oor wat jou kliënt voel, verander jou bemarking van verkoop na verstaan.
Dis nie “koop my ding” nie – dis “ek verstaan jou situasie.”

As jy gereed is om hierdie 3-stap stelsel te toets, begin eenvoudig:

👉 Tik MINIGIDS hieronder of stuur vir my ’n boodskap op Facebook.


Ek stuur vir jou my 1-blad Scroll Stopper Gids:

  • Hoe om ’n probleem aan ’n emosie te koppel

  • Watter tipe post pas by daardie kombinasie

  • En hoe om ’n gesprek-CTA te skryf wat mense laat reageer

Begin dink soos jou kliënt — nie net wat om te sê nie.
Dis hoe jy jou inhoud laat ophou om te verdwyn… en begin om mense nader te trek.

Helena Zwarts

Facebook Bemarking Mentor/Neuro Coach

Moeg vir posts sonder resultate? Ek wys jou hoe om Facebook & groepe te laat werk vir jou besigheid

Jy bemark al op Facebook. Jy kry reaksie — maar nie verkope nie. Slim Bemarking help Afrikaanse entrepreneurs om te verstaan waar die draad gebreek het, en hoe om dit reg te stel.

Nuusbrief

Teken nou in vir jou Weeklikse Nuusbrief propvol Facebook Advies

Created with ©systeme.io