
Leer hoe om Facebook se algoritme in jou guns te gebruik sonder om geld te mors of jou hare uit te trek. Ontdek presies wanneer om te post, wat om te sê, en hoe om gesprekke aan die gang te kry wat jou bereik en betrokkenheid verhoog. Perfek vir solopreneurs, klein besighede en diensverskaffers wat leads wil inkry – organies!
Weet jy wat die snaaksste ding is? Verlede week het een van my posts 'n skamele 12 likes gekry.
Die volgende dag? BOEM! 🚀 Dieselfde tipe post trek 476 kommentare.
Die verskil? 'n Klein algoritme-"hack" wat ek nou met jou gaan deel...
Hier's die ding - Facebook se algoritme is soos daardie kieskeurige kat van jou. Voer hom presies wat hy wil hê, presies wanneer hy dit wil hê, en skielik is jy sy beste pel! 😺

LAAT ONS DIE RESEP AFBREEK:
🕒 WANNEER OM TE POST:
(Hierdie is goud werd - skryf dit iewers neer!)
Maandag-Donderdag: 10:00-11:00 (besigheidsure sweet spot)
Sondagaand: 19:00-20:00 (wanneer almal rustig scroll)
📝 WAT OM TE POST:
Begin met 'n SKOK-stelling
Volg op met 'n persoonlike storie
Eindig met 'n MAKLIKE vraag
Kry die HOEKE GIDS- dit wys jou presies hoe!
Byvoorbeeld: "SKOK: 82% van Facebook posts kry 0 interaksie... 😱
Verlede week het ek myself amper 'n angsaanval gegee toe my belangrikste post net 3 likes kry. Toe ontdek ek hierdie klein truuk...
🤔 "Het jy al ooit 'n post gehad wat GLAD nie die pyp gerook het nie? Gooi 'n '🙋♂️' hieronder as jy jouself herken!"
GEHEIME BESTANDDELE:
Gebruik emojis (maar moenie oordoen nie!)
Breek teks op in kort paragrawe
Reageer binne 30 minute op ELKE kommentaar
Tag mense wat kommentaar lewer in jou antwoorde
DIE GROOT "AHA" OOMBLIK:
Facebook LOVE gesprekke. Nie mooi prentjies nie. Nie lang stories nie. GESPREKKE.
Elke posT moet een hoofdoel hê:
Kry mense om met mekaar te begin gesels in die kommentare.
BONUSTIP:
As jy sien 'n post begin lewe, gebruik die "boost" knoppie en mik dit op mense soortgelyk aan die wat reeds kommentaar lewer.
Facebook se algoritme sien daardie post as warm en sal dit ekstra hupstoot gee! 🔥
Wil jy meer sulke praktiese tips hê?
Gooi 'n "JA" in die kommentare - dan stuur ek jou my top 3 posts formules wat die algoritme LIEF!
PS: Hierdie post is spesiaal geskryf om die algoritme gelukkig te hou. As jy tot hier gelees het - dit werk! 😉
#FacebookTips #AlgoritmeMagic #SosialeMedia

Helena Zwarts
Facebook Bemarking Mentor/Neuro Coach
Moeg vir posts sonder resultate? Ek wys jou hoe om Facebook & groepe te laat werk vir jou besigheid

Jy bemark al op Facebook. Jy kry reaksie — maar nie verkope nie. Slim Bemarking help Afrikaanse entrepreneurs om te verstaan waar die draad gebreek het, en hoe om dit reg te stel.
Nuusbrief
Teken nou in vir jou Weeklikse Nuusbrief propvol Facebook Advies
Created with ©systeme.io