Wat Gebeur Ná Jou Facebook Post? Die 4 Fases Van ’n Bemarkingsisteem

Baie mense dink as hul Facebook posts beter word, sal hul bemarking begin werk.

  • Beter hoeke

  • Beter beskrywings

  • Beter videos

  • Beter inhoud

En ja — dit help.

Maar dis nie altyd waar die groot lekplek sit nie.

Baie keer doen iemand die harde werk om aandag te trek…

maar daar is niks wat daarna gebeur nie.

  • Iemand sien die post

  • Hulle stop

  • Hulle raak nuuskierig

  • Hulle klik dalk selfs

En dan?

Dis waar baie besighede vassit.

Want ’n post is nie die hele reis nie.
Dis net die eerste raakpunt.

Die regte vraag is nie net: sien mense my? nie

Die regte vraag is: het ek ’n pad vir iemand van kennis maak na vertroue na aksie?

Dis hoekom ek al hoe meer glo dat bemarking eintlik eenvoudiger raak as jy dit in fases begin sien.

1. Aandag

Alles begin hier.

Iemand moet jou eers sien.

Hulle moet stop.
Hulle moet voel:
wag ’n bietjie… dit is dalk vir my.

Dis waar jou inhoud die werk doen.

Jou hoek trek aandag en laat hulle stop. Jy gebruik jou vermoë om die probleem duidelik te benoem. Met ander woorde.... dit is nie hier is my ding koop dit nie. Dit is 'n geval waar jy werklik hulle aandag vasvang en hulle, hulleself in die situasie sien.

Maar aandag alleen is nog nie genoeg nie. Want baie mense kan jou sien
sonder om ooit nader te beweeg.

2. Belangstelling

Nou begin iemand bietjie langer kyk.

Hulle lees.
Hulle klik.
Hulle wonder of jy regtig verstaan wat in hul wêreld aangaan.

Dis ’n belangrike fase.

Want hier besluit iemand nog nie: “ek koop nou.”

Hulle besluit eerder: “ek wil meer weet.”

En dit is waar baie mense reeds vasval.

Want hulle trek dalk aandag, maar hulle vang nie belangstelling nie.

Daar is geen duidelike volgende stap nie.
Geen rede om verder te kyk nie.
Geen manier om hul hand op te steek nie.

3. Vertroue

Hier begin dieper werk gebeur.

Nou kyk iemand nie net of jy interessant is nie.

Nou kyk hulle
of jy veilig voel.
of jy duidelik is.
of jy konsekwent is.
of jy regtig verstaan wat hul probleem is.

Dis hoekom een goeie postnie altyd genoeg is nie.

Vertroue word selde gebou in een oomblik. Dit word gebou wanneer iemand jou oor tyd sien en begin voel:

hierdie persoon verstaan my.
hierdie persoon sê nie net slim goed nie.
hierdie persoon weet waarvan sy praat.

Dis ook hoekom soveel mense
te gou moed verloor. Hulle kyk na een post wat nie onmiddellik omskakel nie en dink dit werk nie.

Maar vertroue bou stadiger as aandag.

4. Omskakeling

Eers nou kom die volgende stap regtig in. Nie wanneer iemand jou vir die eerste keer sien nie. Nie eers noodwendig wanneer hulle nuuskierig raak nie. Maar wanneer daar genoeg duidelikheid, genoeg vertroue en genoeg beweging opgebou het dat die volgende stap sin maak.

Nou vra iemand:
wat doen ek nou?
waar klik ek?
waar antwoord ek?
hoe werk dit?
is dit vir my?

En as hierdie deel vaag is, of te skielik kom, of glad nie daar is nie,
dan val baie mense uit. Nie omdat jou inhoud swak was nie. Maar omdat daar nie
’n duidelike pad was nie.

Dis waar baie besighede vasdraai...

Hulle fokus net op die post.

Die hook.
Die caption.
Die views.
Die reach.

Maar hulle kyk nie na die reis ná die post nie.

So hulle het dalk al klaar stukkies van die pad:

’n Facebook blad
’n website
’n WhatsApp nommer
’n freebie
’n epos lys

Maar die dele werk nie saam nie. En wanneer die dele nie saamwerk nie,
voel bemarking soos lood aan jou voete.

Jy post weer.
En weer.
En weer.

Maar dit voel of jy elke keer van voor af begin. Want niks bou regtig op mekaar nie.

’n Goeie post is nie die hele sisteem nie

’n Goeie post kan aandag trek. Maar dit moet iewers heen gaan.

Iemand moet weet:
waarheen nou?
hoe neem ek die volgende stap?
hoe bly ek in jou wêreld?
hoe bou hierdie vertroue verder?

Dis hoekom ek al hoe meer besef: Jou boodskap is belangrik. Maar jou boodskap is die begin van die pad. Nie die hele pad nie.

As jy net op inhoud fokus, maar daar is geen pad daarna nie, gaan bemarking altyd swaarder voel as wat dit moet. Want jy vra die post om werk te doen
wat eintlik deur ’n sisteem gedra moet word.

Die beter vraag

Miskien is die vraag nie net:

Hoe maak ek beter Facebook posts? nie

Miskien is die beter vraag:

Het ek ’n pad wat iemand vat van kennis maak na belangstelling na vertroue
na omskakeling?

Want dit is hoe momentum bou. Nie net wanneer mense jou sien nie. Maar wanneer hulle weet hoe om nader te beweeg.

Jou Facebook post is nie die hele werk nie.

Dis die voordeur.

Maar iemand moet nog weet wat gebeur wanneer hulle instap.

Helena Zwarts

Facebook Bemarking Mentor/Neuro Coach

Moeg vir posts sonder resultate? Ek wys jou hoe om Facebook & groepe te laat werk vir jou besigheid

Jy bemark al op Facebook. Jy kry reaksie — maar nie verkope nie. Slim Bemarking help Afrikaanse entrepreneurs om te verstaan waar die draad gebreek het, en hoe om dit reg te stel.

Nuusbrief

Teken nou in vir jou Weeklikse Nuusbrief propvol Facebook Advies

Created with ©systeme.io