Hoe om Facebook Posts te Skryf wat Mense Wíl Lees

Het jy al ooit so naby aan 'n vuur gesit dat jy nie die gevaar sien nie? Verlede naweek het presies dit met my gebeur. Terwyl ek in die vlamme tuur en diep gedagtes dink, begin my gunsteling plante skroei - ek was te naby om die gevaar te sien.

Dit het my laat dink aan hoe ons ons Facebook bemarking benader. Soms sit ons so naby aan ons besigheid dat ons nie meer kan sien wanneer ons inhoud begin "brand" nie. Ons word blind vir wat werklik ons mark se aandag sal trek.

Het jy al ooit so naby aan 'n vuur gesit dat jy nie die gevaar sien nie? Verlede naweek het presies dit met my gebeur. Terwyl ek in die vlamme tuur en diep gedagtes dink, begin my gunsteling plante skroei - ek was te naby om die gevaar te sien.

Dit het my laat dink aan hoe ons ons Facebook bemarking benader. Soms sit ons so naby aan ons besigheid dat ons nie meer kan sien wanneer ons inhoud begin "brand" nie. Ons word blind vir wat werklik ons mark se aandag sal trek.

Die Harde Waarheid oor Ons Facebook Posts

As jy eerlik moet wees - trek jou eie Facebook posts jou aandag? Want hier's die realiteit: As JY nie eers jou eie posts wil lees nie, hoekom sal ander?

Die meeste entrepreneurs val in een van twee slagysters:

  • Hulle dink hul besigheid is "te gewoon" vir interessante stories

  • Hulle probeer te hard om "professioneel" te klink

Die Toiletborsel Les: Hoe Gewone Oomblikke Onvergeetlik Word

Laat ek jou 'n storie vertel... Vandag het my kleindogter amper flou geval toe sy 'n toiletborsel in my KOMBUIS kry! Wat sy nie geweet het nie, is dat daardie borsel my gunsteling kombuisgereedskap is (ja, 'n splinternuwe een, natuurlik!).

Hierdie "gewone" oomblik illustreer perfek hoe ons oor ons besigheidstories moet dink. Net soos daardie borsel, het elke besigheid "gereedskap" wat:

  • Onkonvensioneel lyk

  • Dalk vreemd mag klink

  • MAAR... verstommend effektief is!

Die Gereedskapkas Les: Maak Ou Inhoud Vars

Soms moet ons eers die "regte" goed weggooi om die waardevolle raak te sien. Toe ek my kantoor herinrig, het ek pragtige oregon panele en deftige kaste gehad wat ek gedink het ek móét gebruik. Maar wat werk die beste? My pa se ou gereedskapkas!

Hierdie beginsel geld ook vir jou Facebook inhoud:

  • Stop om vas te hou aan "deftige" bemarkingsidees

  • Begin om jou eie stem te gebruik

  • Deel wat werklik waardevol is vir jou mark

Praktiese Implementering: Die Storie-vertel Formule

Om hierdie beginsels in praktyk om te sit, gebruik hierdie eenvoudige formule:

  • Vang 'n ALLEDAAGSE oomblik vas

  • Soek die ONVERWAGSE element

  • Trek 'n parallel met jou BESIGHEID

  • Eindig met 'n LESSIE

Van Struikel na Sukses

Die sleutel tot suksesvolle Facebook posts lê nie in perfeksie nie, maar in egtheid. Elke "gewone" oomblik in jou besigheid het die potensiaal vir 'n ONVERGEETLIKE storie.

Onthou:

  • Jou unieke aanslag is jou superpower

  • Jou "gewone" stories is jou mark se openbaring

  • Deel die mens agter die besigheid

Begin Vandag

Stop om perfek te probeer wees. Begin om WERKLIK te wees. Want op Facebook wen HARTKLOP bo handleiding, elke keer!

Helena Zwarts

Facebook Bemarking Mentor/Neuro Coach

Moeg vir posts sonder resultate? Ek wys jou hoe om Facebook & groepe te laat werk vir jou besigheid

Jy bemark al op Facebook. Jy kry reaksie — maar nie verkope nie. Slim Bemarking help Afrikaanse entrepreneurs om te verstaan waar die draad gebreek het, en hoe om dit reg te stel.

Nuusbrief

Teken nou in vir jou Weeklikse Nuusbrief propvol Facebook Advies

Created with ©systeme.io